Saturday, March 20, 2010

Aliwal WX

Barometer: 1016
Rel humidity: 40%
Temp: 24.3
6/8 cloud
Isolated thunderstorms developing at present

Aliwal WX

Barometer: 1018
Rel humiditeit: 46%
Temp: 27.5
4/8 wolke
Verspreide buie ontwikkel meer oos van Aliwal. Klein kans op buie <10%

Slenkdalkoors berig

Die slenkdalkoors-epidemie in die Vrystaat raak nou “lelik” met derduisende vee wat die afgelope week gevrek het.

Dr. Louis van Rooyen, adjunk-direkteur: veeartsenydienste in die Vrystaat, sê die koorssiekte breek nou oral in die Vrystaat uit – oral langs die Vaalrivier tot in die woonbuurt Zamdela by Sasolburg. Dit gaan aanhou tot die eerste ryp én selfs daarna.

“Dit is lelik. Ons het entstof gekry. Op Bethlehem is vanoggend afgelewer en mense begin nou kwaai spuit.

“Maar die Vrystaat het volgens die sensus 8 miljoen stuks vee en ons het 400 000 dosisse entstof, lewendig en dood gekry.

“Dié ding is oral. As boere entstof kry, moet hulle so gou moontlik ent.

“Hulle moet versigtig wees om die lewendige entstof op dragtige skape te gebruik, maar by beeste is dit beter as wat die diere van die siekte vrek.”

Mnr. Hennie Wagner, voorsitter van die distriksboere-unie op Petrusburg, sê slenkdalkoors maai hier onder skape en beeste.

“Dit het vernietigende gevolge. Skape word afgemaai. By mnr. Jaco van der Merwe het 80% van sy sowat 5 000 ooie geabborteer en 150 van sy ooie het gevrek. Hier beloop die skade al meer as R400 000.”

Volgens Wagner is die hele distrik al besmet. Die vrektes beloop al “derduisende” skape.

“By Makousdrift lê die skape en beeste wit soos hulle gevrek het. En ons kry nie entstof nie. Vandag (gister) kon ons entsof kry, maar dit was net lewendige entstof.”

Hy sê die skade op net Petrusburg beloop honderdduisende rande. Hy voorsien ook dat vleis baie duur gaan raak, omdat min lammers bemark gaan word. By Jagersfontein en Koffiefontein is die uitbreek van die siekte ook erg.

Adv. Gielie Nieuwoudt, voorsitter van die Limousine-beestelersgenootskap van die plaas Graspan by Petrusburg, het ook vermoedelik slenkdalkoors opgedoen. Hy was die afgelope week siek. Sy vrou, Susan, het gister gesê dit gaan heelwat beter met hom, hoewel hy nog siekerig is. Die siekte is nog nie bevestig nie, omdat die patoloë oorlaai is.

’n Duur stoetbul wat onlangs gekoop is, asook twee dorper-stoetramme, twee kruiskoeie en lammers het al gevrek. Hy kon dalk die siekte opgedoen het toe hy die bul probeer dokter het, of toe ’n muskiet hom gebyt het, sê sy.

Mnr. Willie Harmse, ’n boer van Bothaville, het ook gister bekommerd gebel oor die beskikbaarheid van entstof. In dié distrik is reeds ’n paar mense siek, het hy gesê. Dr. Molefi Sefularo, adjunk-minister van gesondheid, het Donderdag gesê dit is bevestig dat 32 mense reeds die siekte opgedoen het. Van hulle is 31 in die Vrystaat.

Twee mense is al dood – een in die Vrystaat en een in die Noord-Kaap.

- Volksblad